Los Afrikaans uit!

  • 3

Los Afrikaans uit!

Category : Afrikaans , Education , Racism

Afrikaans is onder druk in ons skole en universiteite met baie groepe wat aandring dat dit afgeskaf word as primêre onderrigmedium of dat Engels as ‘n parallel medium ingebring word. Hierdie stuk is nie gerig op daardie mense nie. Verrassing! Dit is gerig op die mense en groepe wat probeer om Afrikaans te gebruik as ‘n wapen om wit voorreg te beskerm. Julle doen meer skade as goed aan my taal, Afrikaans. Julle probeer julle bes om die verwantskap van Afrikaans met rassisme en wit voorreg te promoveer. Julle praat nie vir my nie. Los Afrikaans uit!

As jy mooi luister na die partye wat kla oor die gebruik van Afrikaans by universiteite of die wat Afrikaanse skole wil open vir onderbevoorregde kinders, dan sal jy besef dat die taal nie hulle hoof kwessie is nie. Waaroor hulle regtig praat is wit voorreg, hulle tekort aan toegang en hulle strewe na iets beter vir hulself. Afrikaans word gebruik as ‘n gerieflike swartskaap, grootliks weens die assosiasie met die ongelykhede van die verlede, die ongelykhede wat nog met ons is en omdat baie Afrikaans ondersteuners in die algemeen ook ondersteuners van wit voorreg is en gereëld rassisties is. Dit is waar hierdie mense verkeerd gaan en waar baie Afrikaans ondersteuners die vlamme aanblaas.

Dit was nie altyd so nie en daar is geen rede hoekom dit so hoef te bly in die toekoms nie. Toe die ANC die mag oorgeneem het in 1994, het hulle verreikende stappe ondersteun om die regte van Afrikaans te beskerm en om die taal aktief te koester in die Nuwe SA. Die reg tot moedertaal (insluitend Afrikaans) onderrig is gewaarborg as ‘n mensereg in ons Grondwet (waar dit prakties moontlik is). Toe President Nelson Mandela in 1994 die eerste demokratiese parlement in SA geopen het, was dit Ingrid Jonker se gedig, Die Kind, wat hy aangehaal het. Hy het op ‘n gereëlde basis sy liefde vir Afrikaans gedeel en uitgereik na Afrikaners (dink net aan die 1995 Wêreldbeker).

In 2009 het die Konstitusionele Hof (Adjunk Hoofregter Dikgang Moseneke) genoem dat wanneer ‘n leerder alreeds die voordele geniet van ondderrig in ‘n offisiële taal van hul keuse by ‘n spesifieke skool, dat die staat die verantwoordelikheid dra om nie hierdie reg te verminder of weg te neem sonder toepaslike regverdiging nie.

So onlangs as 2015 het President Zuma gesê dat “Afrikaans is as African as the rest of the country’s official languages.” Hy het genoem dat kritiek van transformasie nie gerig moet word na die Afrikaans taal nie, maar liewer na hoe dit by instellings gebruik word. Selfs Julius Malema het in 2015 gesê dat Afrikaans gepraat en beskerm behoort te word, maar nie afgedwing moet word op mense nie. Hy het egter ook gesê dat Afrikaans “should be put in its place”.

Afrikaans per se is dus nie die probleem nie, maar die probleem is liewer die assosiasie wat met die taal gemaak word wat uiteindelik kan manifesteer in aktiewe teenkanting daarteen. Dit is waaroor ek bekommerd is. Ek is bekommerd dat die stemme van openlike of geheime rassiste met versteekde agendas wat luidkeels die taal verdedig, die stemme van progressiewe en patriotiese mense wat Afrikaans praat en wil beskerm sonder om ander te benadeel, sal oordonder. Mense wat besef dat die enigste toekoms vir SA een van transformasie, meer gelykheid en eenheid is. Mense wat na oplossings soek vir die probleme in ons land. Mense wat bereid is om opofferings te maak om te waarborg dat daar ‘n lang en voorspoedige toekoms vir hulle en die res van die gemeenskap in ons pragtige land is. Mense soos ek.

So laat ek die volgende vra van die luidrugtige verdedigers van Afrikaans, doen een van die volgende; 1) erken dat julle aggressiewe verdediging van Afrikaans ‘n rookskerm is vir jul begeerte om julle manier van leef te beskerm, om die mense te kies met wie julle en jul kinders assosieer, om integrasie te vermy en om te leef in ‘n land wat lank nie meer bestaan nie; of 2) begin om aggressief te help met die transformasie van ons gemeenskap, om onderbevoorregdes te bemagtig en terselfdertyd Afrikaans te beskerm.

Dit is julle reg om die eerste opsie te kies. Dit is julle reg om bevooroordeeld te wees. Dit is julle reg om bang te wees vir mense wat anders as julle is. Dit is julle reg om te vrees vir die toekoms van SA. Dit is julle reg om te beskerm wat julle s’n is. Dit is julle reg om krities van die regering te wees, ongeag hoe hul presteer. Dit is julle reg om rassisties te wees. Moet net nie my taal betrek nie, die eerste taal van 13.5% van Suid Afrikaners (meeste nie Afrikaners nie) en een van die tale in SA wat deur die meeste mense verstaan word (by verre die meerderheid nie-wit). Dit is nie net julle s’n nie. Los Afrikaans uit!

As julle die tweede opsie kies, is daar so veel wat gedoen kan word. Omdat daar so ‘n groot poel Afrikaans sprekers is en mense wat Afrikaans as eerste taal praat; en omdat so baie van hierdie mense minder bevoorregd is, kom ons reik uit na hulle. Kom ons bring hulle na Afrikaanse skole toe sodat hulle kan voordeel trek uit die voorregde wat Afrikaanse kinders geniet. Ek daag Afrikaans-gebaseerde institusies soos Afriforum, Solidariteit en die ATKV; universiteite wat Afrikaans as medium aanbied insluitend Stellenbosch Universiteit, Pretoria Universiteit en Vrystaat Universiteit; asook Afrikaanse politici, besigheids leiers en media persoonlikhede om te begin met ‘n aggressiewe fondsinsameling projek om ‘n ongekende groot borgskap fonds te skep wat minder bevoorregde leerders na Afrikaanse skole toe lok. Gee hierdie arm “township” kinders gratis skool, gratis vervoer, gratis uniforms en gratis studie materiale. Gee hulle die geleëntheid om onderrig te word in die pragtige Afrikaans taal, as hulle dit verkies.

Kom ons stop die afname in die aantal Afrikaanse leerders in SA, terwyl ons Afrikaanse skole transformeer na die diverse entiteite (uit ‘n ras en kulturele oogpunt) wat ons nodig het om ons land te bou die toekoms in. Koms ons skep ‘n sterk pyplyn van diverse Afrikaanse leerders wat wil aanhou met hul universities studies in Afrikaans. Kom ons verander die gesprek van een waar wit Afrikaners wil vasklou aan hulle voorreg na ‘n gesprek waar Afrikaans help om mense te verenig, waar Afrikaans geleënthede bied aan almal, onafhanklik van etnisiteit of agtergrond.

As ons hierdie benadering in die vroeë 1990s gevolg het toe die skrif reeds op die muur was; as Afrikaanse unversiteite hul arms oopgegooi het vir elke liewe Afrikaanse spreker, onafhanlik van ras of geloof; as Afrikaanse gemeenskappe groot bedrae geld geskenk het om Afrikaans te ontwikkel in agtergeblewe gemeenskappe, dan sou ons nie vandag hierdie gesprek gehad het nie. Afrikaans sou vandag geskei gewees het van sy rassistiese verlede. Ons land sou baie meer verenigd gewees het. Ons sou ‘n veel meer rooskleurige toekoms gehad het.

Dit is egter nie te laat nie. Dit is tyd vir alle Afrikaners om die nuwe SA te omhels. Dit is tyd vir hulle om te deel wat wonderlik is oor hul kultuur. Dit is tyd om vriende te maak. Dit is tyd om te verenig. En ja, dit is tyd om opofferings te maak. Jy is of deel van die probleem of deel van die oplossing, maar moet asseblief nie ‘n taal wat jy nie besit nie deel van die vergelyking maak nie. As jy verkies om ‘n buitestander te bly, moet asseblief nie die res van ons probeer betrek nie. Los Afrikaans uit!

Dink jy dat Afrikaans as ‘n pion gebruik word deur beide rassistiese Afrikaners en teenstanders van Afrikaans? Is jy moeg daarvoor dat Afrikaans gedurig by die debat betrek word? Sou jy die skeiding wil sien van Afrikaans met sy rassistiese verlede? Sou jy bydra tot ‘n massiewe fondsinsameling proses met die mikpunt om Afrikaans meer inklusief te maak as dit sou lei tot die volgehoue beskerming en groei van die taal? Of is jy bitter, ontnugterd, nie bereid om te kompromitteer nie? Ek sal baie graag jou opinie wil sien.

 

#Afrikaans #WitVoorreg

 

Marius Strydom is the CEO of MLAX Consulting

https://www.facebook.com/straighttalkingstrydom

https://twitter.com/Marius_Man


  • Gerhard-Johan Willemse

    Doelloos om kommentaar te lewer, hierdie stukkie ANC gereedskap delete alles waarmee hy nie saamstem nie.

  • Jared van Niekerk

    Ruggraatlose kruiper en hensopper. Jy praat nie namens my nie, en jy kruip alleen alleen op jou knieë voor jou ANC-meesters. Wanneer het jou balle afgeval, jou walglike stuk kruipergemors? Hoeveel liter ANC-sperm het jy al gesluk?

  • Andre Pretorius

    Ja Jared, Ek dink jy het jouself baie akkuraat opgesom. Nie besef daar is nog mense soos jy nie.

Search